History about Delmas

‘n Bietjie geskiedenis oor die Lodge…

Die gronde is deel van die Leeupoort Landbouhoewes van die Delmas Munisipaliteit. Die vorige eienaar het eers net kamers in die huis beskikbaar gestel vir tegniese adviseurs wat die area besoek het vir besigheid. Later is die klein restaurant en kroeg asook funksie lokale op die been gebring. Besigheid was goed en nog kamers is aangebou.

In Augustus 2005 het Cobus en Heleen die plek gekoop – stadig maar seker het dit gegroei tot die besigheid wat dit vandag is – ‘n gesinskuierplek. Kamers is bygevoeg, swembad en dakke is oorgedoen en tans is ons besig on selfsorgeenhede op te rig.

Kom kuier by ons en word deel van ons uitgebreide familie.

Cobus & Heleen Human

Leave a Reply

Your email address will not be published.